‘Styg maar op en bespied die wydtes: jy sal geen vaderland vind nie’. Die rol van ‘grond’ in Suid-Afrikaanse historiese fiksie oor die 18de en 19de eeu | Dora Scott
Die huidige debat in Suid-Afrika wat handel oor politieke ‘grondhervorming’, simboliseer ’n oomblik van krisis binne die Suid-Afrikaanse nasionale identiteit (en sy verskillende gestaltes). As ’n duidelike merker van ras en klas is die besit van grond (of gebrek daaraan) ’n geweldige belangrike simbool in die Afrikaanse, maar ook Suid-Afrikaanse historiese narratief (Duncan, 2006). Die […]